Pages

Sunday 25 March 2012

'max en die miere'

Max En Die Miere”

for publishing this logic sense ... mal en gevarlik om te admit emotionally ... !


n 30 000 woord verhaal.

Begin op 19 Februarie 2006
Deur las rua

Suikersoet 

Die miere was ooral oor die suiker vandag. Ek het probeer om hulle ‘n kans te gee om te ontsnap, maar die ongedult het my oorkom en dus is ‘n paar gedood of ernstig beseer. Ek vra bygelowig omverskoning aan al die mier nasies van die wêreld vir hierdie gruwelike tref van die ongeluk en sal harder probeer in die toekoms om sulke ongelukke te vermy. 

Verseker gemerk deur die mier interne intellegensie en op die swart lys geplaas. Die koffie was ten minste lekker. Pannekoek, vet maak goed. Die hoofpyn van die vorige aand se manewalus op die dorp klou nog aan my voorkop vas. 

Moeder is weer loud en kras vandag. Ek stap uit by die agterdeur en staar na die hemel. Vat ‘n slukkie koffie. Die sonstrale snerp deur na my agterkop. Hoekom doen ek dit? Want dit is lekker. Dit is nie die hele waarheid nie. Patrykeer is dit eerlikwaar net omdat dit pure genot verskaf. Ander kere is daar dieper redes vir my aksies. Redes bedoelend probleme. 

Maar ons almal het hulle en ons kan nie weghardloop van hulle nie, al probeer ons gereeld. Wat ‘n pot kak. Natuurlik kan jy. Dis wat mense sê wat gevang was. Met die laaste slukkie koffie begin ek al klaar hierdie dag se afloop te beplan. 

Wyn en sigarette flits oor my kop. Dit klink lekker maar dit klink ook soos presies dieselfde ding wat ek gister gedoen het, en eergister, en die dag voor dit, en so aan tot en met ‘n paar maande terug. Toe al die stront begin het. Wat doen ‘n mens met jouself as jy ‘n jaar afvat en jy het niks geld nie. Ruil coke bottels in vir ‘n bottel Tas en cheap cigarette. 

Daar is nog genoeg in die garage. Ek wag totdat my ma werk toe gaan. Ek pak al die bottels in ‘n plastiek sak en stap af na die friendly seven eleven op die hoek. Tien uur die oggend stap ek daar uit met my wyntjie en onderduik al die oë wat skerp op my neerkyk. Reguit rivier toe. Die weer is perfek vir ‘n bietjie sonde. Die water is wel ‘n bietjie vuil vandag. 

Dis nie ‘n goeie teken nie. Fokken boere! Ek gaan sit op een van my gewone plekke. Soos die res is dit ‘n “gemaklike” klip langs die rivier. Ek haal ‘n skryfboek en ‘n pen uit. So lê ek gedagtes op papier neer die heel middag lank terwyl ek al meer besope raak op die bottel goedkoop wyn. Dit is nie lank nie en daar loop ‘n mier oor my blad. Versigtig benader ek dit met my middel vinger agter my duim en skiet die mier tot in die toekoms in. 

Die punte van my vingers raak al hoe meer vol ink soos wat ek die blaai vashou op verskillende plekke. Drie blaaie later besluit ek om die boek vir ‘n tydjie neer te sit. Nou nie dat ek wil brag nie maar my gedagtes is besig om vinniger as my pen te hardloop. Hoe het ek tot by hierdie punt gekom? Dis Altus se skuld omdat hy vir my my eerste sigaret gegee het in graad 8. 

Nee dit is die winkel eienaar se skuld omdat hy sigarette vir ‘n skoolkind verkoop het. Nee dit is camel se skuld omdat hulle hoegenaamd sigarette maak. Nee dis daai eerste doos wat blare in ‘n pyp gesit het en dit begin rook het se skuld. 

Ek sug. Ja, ja ek weet dit is my skuld omdat ek daardie eerste sigaret gevat het. Hoe ek ook my graad deurgekom het is nogsteeds vir my ‘n wonderwerk. Miskien het dit nog voor dit begin toe ek en Karel tippex en naelak in laerskool gesnuif het. Waar dit ookal begin het, het dit op die ou einde ‘n lang pad my gevolg. By die huis alweer. My ma is nog nie hier nie. Cool, ek het kans om ontslae te raak van my bottels. 

Ek maak my klere kas oop en begin al my drank bottels uit te pak van die vorige weke. Brandy, obies, wyn en so voorts. Almal leeg. As ek maar net al daardie geld gespaar het. Ag wel, goeie tye. Ek sit alles in ‘n groot swart sak en sit dit buite op die sypaadjie neer. Die vullis mense behoort binnekort hier te wees. Ek stap in die huis in en begin met my jack russel speel. 

Dodo is sy naam. Ek sit versigtig musiek aan en verwag iets onaangenaamd om te speel. ‘n Rustige lied begin speel. Cool, ‘n goeie teken. Die dag is sover nie te bad nie. Betekenis, wat ‘n fokkop. Wat alles nou eintlik beteken en hoe ‘n mens informasie moet lees bly vir my ‘n raaisel. 

En dit is eintlik wat dit alles is. ‘n Raaisel wat onoplosbaar is. Die comsic joke. Maar ons sal eers later daarby uit kom. Laat ons nou eers by die begin begin. Toe ek klein was het ek een keer my tong in my pa se wynglas gesit om te proe hoe dit nou eintlik proe. Dit was walglik. En vir lank kon ek glad nie verstaan hoekom my pa sulke afskuwelike goed drink nie. As ek net geweet het wat ‘n paar van daardie glasies aan ‘n mens kon doen. Blykbaar het die arabiere alkohol ontdek toe hulle vrot druiwe sap gedrink het. 

Hulle het eers gedink dit is die nektar van die gode…tot en met die volgende oggend natuurlik. Dit is seker hoekom hulle nou almal anti alkohol is. Hulle het te veel gesuip en die ultimate hangover gekry. Die volgende oggend het hulle dieselfde belofte gemaak wat alle dronk mense maak die volgende oggend. Ek gaan nooit weer drink nie. Die enigste verskil tussen die arabiere en die res van ons is dat hulle hul beloftes behou. 

Ek het nie myne gehou nie. Ek het op agt jarige ouderdomn my ma stip in die oë gekyk en belowe dat ek nooit sal rook of drink nie. En ek het dit bedoel ook. Dit is hoekom ek dink daar moet ‘n wet wees teen beloftes maak voordat jy agtien is, nee sommer een en twintig. ‘n Mens weet nie wat jy sê nie. 

En vir mense soos ek wat my woord baie ernstig opneem is dit ‘n groot probleem. Daai ding wat jou ouers vir jou sê van saam met die verkeerde vriende uithang is eintlik ongelukkig waar. Maar wat ‘n jy ook moet onthou is dat dit altyd jou eie verantwoordelikheid is om die regte keuses te maak. 

En nou kom ons by ‘n dodgy punt. Wat is die regte keuse. Iewers moes ek ‘n paar liederlike skewe keuses gemaak het om te beland waar ek nou is. Is dit verkeerd om ‘n drankie saam met ‘n ou vriend te drink en te gesels? Is dit verkeerd om onder stress ‘n sigaret te rook om die senuwees te laat kalmeer. 

Hierdie is natuurlik van die kleiner makliker keuses wat oor jou pad sal loop maar dit is gewoonlik ook die begin van ‘n reeks ander keuses wat jou lewe in enorme maniere sal beinvloed. Soos wat ons later sal sien in my storie. Ek staan op en stap kombuis toe. Lus vir ‘n bietjie koffie. Net soos wat ek die melk ingooi hoor ek voetstappe by die gang af kom. Ma. “Wat is die?” ek kyk op na haar en sien haar staan met ‘n swart sak vol bottels in haar hand. Die blerrie vullis mense het nog nie gekom nie. Slim een Max. O Ja, by the way, ek is Max. Aangename kennis. 

Ja wel dit was nou ‘n voorbeeld van ‘n slegte keuse, om die bottels op die sypaadjie te los. Nie noodwendig ‘n verkeerde keuse nie maar ‘n slegte een. “Oh, dis ‘n bergie wat sy bottles sommer in die pad gelos het. Toe sit ek dit in ‘n plastiek sak en los dit op die sypaadjie.” Sy kyk my stip aan vir ‘n sekond. “Raak ontslae daarvan.” Dit was die plan gewees, sê ek in my kop vir haar. Nou wonder ek, het sy my geglo of is sy net te moeg om dit verder te vat. Ek wil nie eers dink aan wat ek sou vermoed ‘n paar maande gelede nie. 

Nou stress ek al weer. Ek soek ‘n sigaret. Is dit ‘n genetiese afwyking wat ek het om te wil rook of is dit net ‘n addictive personality. Ek onthou nog my eerste sigaret saam met Altus langs die rivier by die skool. Ons was die eerste twee van ons standard ses klas wat dit gewaag het om dit te doen. 

Ons het seker gemaak dat ons vêr van die matriek rokers gestaan het, want van hulle was leerlingraad en hulle het somtyds enige verskoning gesoek om ‘n graad aggie af te kraak. 

Hippocrits! Ek haat hippocrits. Ek tel toe die sak op en vat dit weer buiten toe. Wragtig hier kom die vullis trok. “You’re late!” Grap ek met een van die werkers. Hy het dit nie gevang of net nie waardeer nie. Hy sê iets in Xhosa vir en van sy medewerkers. Ek tel die woord Umlhungu op wat ek weet witmens beteken. Ek sou wat wou gee om te kan verstaan wat hulle sê. 

Net om hulle terug te chirp en sodoende te skok of beindruk. Ek is nie seker watter een nie. In elkgeval, dit daar gelaat. Ek verkans toe terug huis toe om te gaan lees watse mal goed ek op die papier langs die rivier kwyt geraak het. Jislaaik ‘n sigaret sal nou lekker wees. Dis tog al wat ek amper oor het. Ha, lag ek vir myself. Max jou morbiede bliksem, kom reg. Ek lees. 

Hier en daar ‘n spelfout maar oor die algemeen is ek nogal beindruk met my idees en woordspeling. Ek moet dit dalk profesioneel doen. Nog ‘n droom. En ja, dit mag nie dalk nou so lyk nie maar ek het baie van hulle. Sommiges meer realisties as ander. Om springbok rugby te speel is nie regtig in die kaarte vir my nie. Ek dink ook nie ek wil regtig nie. 

Dit klink net lekker om ‘n speletjie te speel vir ‘n kakhuis vol geld. Hoor nou hoe bedonnerd word al die rugby onderstueners omdat ek hul sport ‘n speletjie noem. “Rugby is lewe!” Sal hulle sê. Terug na die sigarette. 

Soos wat ek en Altus meer begin rook het, (by the way Altus is my oudste vriend, nie noodwendig die beste nie, maar die oudste) het meer kinder ons begin join. Al die rebelle en nuuskieriges. 

So het die CSV sel groepies pouses kleiner geword en die alternatiewe sel groepies langs die rivier al hoe groter geraak. Camel lights is wat ons gerook het. En dit is nie ‘n advertensie vir camel nie. 

My gedagte begin nou na vanaand toe skuif. ‘n Biertjie met pen en papier by Mystic Boer? Klink goed. Ek gaan bedel toe vyftig rand by my ma vir die aand se boksie wyn en sigarette. Sy vra nie vrae nie. Ek trek my ou faded jean aan en ‘n ou baadjie. 

Ek lyk soos ‘n wit bergie. By my karretjie gekom voel ek al stukke beter. My trusty ou kar. Hy kom al ‘n lang pad saam met my. Deur my studies en al. Ek vryf sy dashboard en vra saggies vir hom om te start. Anders as ander voertuie is myne ‘n seuntjie. Daar vat hy. 

Ek het al begin dink om in uit te trek en in my kar te slaap. My trusty ou golfie. Wit en ‘n 16 honderd. Hy wil net hardloop. Nes ek. Ek ry in die sonsondergang se rigting. Hoe cheesy. Binnekort is dit weer aand en tyd vir al die nag skepsels om uit te kom.

No comments: