Pages

Sunday 25 March 2012

'max en die miere'

Legal Drome Droom (fokofpolisiekar) ..

Van kleins af was tagtig persent van al my drome nagmerries. Ek kan nie sê wat dit beteken nie. Dalk iets te doen met die feit dat ek 'n baie vreesvolle mens is. Ek worry baie. Dus kom my vreese en angs uit in my drome. Bo op dit alles dagdroom ek verskriklik. Nog 'n groot faktor in hoekom ek so sleg op skool gedoen het. 

legal dreams dreaming (tribute chapter title to fokofpolisiekar) ..

from childhood eighty percent of my dream were nightmares .. i can't say, define, what it means .. possibly something to do with the fact that i'm a very fearfull person .. i worry alot .. thus my fear and anxiety reveals themselves in my dreams .. on top of it all, i day dream terribly .. another big factor in why i did some badly at school ..

Ek kon nooit konsentreer op die werk nie. My kop was heeltyd iewers anders in die heelal besig om verbeeldingsvlugte te ondersoek. Ek sit in die matriek klas en staar by die venster uit. Die onderwyser was besig om aan te babbel oor osmose of so iets en my gedagtes was besig om aan te babbel oor die kolonisasie van ander planete.

i could never concentrate on the work. my head was constantly somewhere else in the universe busy with flights of imagination researching .. i sit in the matric class and stare out of the window .. the teacher was babbling on about osmosis or something like that and my thoughts was busy babbling on about the colonization of other planets ..

Ek verwonder myself met 'n toekomstige wêreld waar alle mense op aarde saam werk vir 'n beter toekoms. Geen bekleiery onder mekaar nie. Net samewerking. 'n Wêreld hoog in tegnologie maar in perfekte balans met die natuur. Groen stede met tuine op elke dak en bome in elke straat.

i bewonder myself with a future world where all people on earth are working together for a better future .. no fighting under each other .. just teamwork .. a world high in technology but in perfect ballance with nature .. green cities with gardens one every roof and trees in every street ..

'n Laer populasie, maar almal se potentiaal is vervul en werkend. Geld is verban en alles word gedoen net vir die reg daarvan. Almal leef in oorvloed met lang lewens. Kinders ken hulle oupa en ouma grootjies. Sosiaale orde is van die hoogste belang en geskille word rustig en sonder geweld uitgepraat. “Max!” die stem ruk my uit my wakker droom. “Aandag!!” “Jammer meneer.”. Zander giggel vir my. My drome. Totaal en al onwerklik en onmoontlik.

a lower population, but everybody's potential is satisfied and working .. money is abolished and everything is done just by being the right thing to do .. everybody lives in flourishing and with long lives .. children know their grandparents and great grandparents .. social order is of the highest priority and quarrels are calmly and without violence talked out .. "Max!" the voice tugs me out of my waking dream .. "attention!!" "sorry sir" .. zander giggles at me .. my dreams .. totally and completely unreal and impossible ..

Maar dit is al wat my aan die lewe hou. Regtig, jy dink ek joke. Dit is die rede hoekom ek asemhaal. (nota van a tietel : the bosluis heidin lewend in sy dagdrome) My dagdrome was gewoonlik nie nagmerries nie. My nagmerries het net in die nag gekom wanneer ek slaap, wanneer ek geen beheer gehad het oor wat ek droom nie. Toe ek 'n kind was en nie kon slaap as gevolg van 'n slegte droom, het my ma vir my gesê om die feetjies en kabourers te verbeel in hulle huise by die riviere en berge.

but its all thats keeping me alive .. really, you think i'm joking .. its the reason why i'm breathing .. (note of title : 'the tic heatheness resident in the realm of his daydreams') my daydreams was normally not nightmares .. my nightmares only came at night, only when i was sleeping, when i had no control of what i was dreaming .. when i was a child and couldn't sleep because of a bad dream, then my mom told me to imagine the fairy's and gnomes in their houses by the rivers and mountians ..

Ek weet dit is cheesy maar dit het gewerk soos soetkoek. Maar ek was gepla van onlangs af. Nog 'n nagmerrie. So twee aande terug, slaap ek vas en diep. Ek droom, maar sien net pik swart voor my. In die verte kom daar iets nader.

i know its cheesy but it worked like sweetcake .. but i've been bothered lately .. another nightmare .. about two evenings back .. i'm sleeping fixed and deep .. i'm dreaming, but i'm only seeing pitch black before me .. in the distance something was appraoching ..

'n Voorwerp wat net sweef in die lug. Dit lyk soos 'n ou muurhorlosie wat stadig nader kom en om sy eie as draai. Die horlosie is 'n gryserige blou en toe dit omtrent so halwe meter van my af is kom daar skielik 'n mes van agter my kop af en begrawe ditself in die middel van die klok.

an object which is floating in the air .. it looks like a old wallclock which is slowly nearing and turning around its own axle .. the wallclock is a greyish blue and when it was about half a meter away from me there suddenly came a knife from behind me and buried it ijn the center of the clock ..

Van die wond uitwaarts begin die klok vrot en 'n bulderende stem roep uit “EK IS SATAN”. Ek skrik wakker, in 'n koue sweet. “Sjoe!” dit was nou effens onaangenaam. Ek kyk rondom my in die kamer. Steeds nie seker of ek gedroom het of nie. Die realiteit begin oor my afsak. “Wat de fok!” Ek slaap weer verder, soos 'n klip. Die volgende oggend begin dit my wel pla.

from the wound outwards the clock begins to rott and a bouldering voice calls out "i am satan" .. i awake with a fright, in a cold sweat .. "fhew!" that was slightly unpleasant .. i look around myself in the room .. still not certain if i was dreaming or not .. the reality starts setting in .. "what the hell!" i sleep further, like a rock .. the next morning it started to bother me though ..

Ek loop die hele dag rond by die skool en dink daaroor. Wat beteken dit. Is ek boos of iets. Ek voel nie boos nie. My donner ek glo nie eers in die duiwel nie. Dit is in my opinie 'n mite wat deur regerings en ouers opgemaak is om hulle kinders te beheer. Dit is seker maar net 'n innerlike vrees vir die onbekende. Die pik swart void. Die ominous stem. Ja nee, dis net my vrese wat by my spook. En vrees is einlik niks nie.

i walk the whole day around at the school and keep thinking about it .. what does it mean .. am i evil or something .. i don't feel evil .. hell. i don't even believe in the devil .. its in my opinion a myth which is made up by governments and parents to control their kids .. its probably just a inner fear for the unknown .. the pitch black void .. the ominous voice .. yip, its just my fears that are haunting me .. and fear is actually nothing ..

So daar is niks om oor te worry nie. Nou wonder ek by myself. As ons nie van kleinsaf geindoktrineer met al hierdie bose simbole was nie, sou ons dalk baie meer dapper mense gewees het? Ek het 'n joint nodig! Nie 'n sigaret nie, nie 'n bier nie, 'n joint. My coping mechanisms skop gewoonlik in sulke tye in.

so there is nothing to worry about .. now i'm wondering by myself .. if we werent indoctrinated with all these evil symbols, would we possibly be much braver people? i need a joint! not a ciggarret, not a beer, a joint .. my coping mechanisms are kicking in usually in such times ..

Ek het nog so 'n bietjie in my tas van die naweek nog. Ek kan na skool oppad huis toe vir my so 'n papier rolletjie maak. Die laaste periode kom tot op 'n einde en ek maak dadelik vir die naaste klip by die rivier. Ek rol gou die joint en rook vinnig klaar. In my skool klere. Die trots van my skool.

i still have a little from the weekend in my bag .. and after school, on the way home i can make just such a paper roll .. the last period reaches its end and i immediately make for the nearest rock by the river .. i quickly roll the joint and make short work of smoking it as well .. in my school clothes .. the pride of my school ..

Kort voor lank stap ek dik gerook deur die dorp huis toe. Dit was altyd vir my vreeslik entertaining om na die mense rondom my te kyk en te wonder oor wat hulle alles met hulle lewens doen. Waantoe is hulle oppad en waar kom hulle vandaan? “Lanie, lanie... wag 'n bietjie lanie?”

it wasn't long before i was walking through the town high as a kyte .. its always been really entertaineing to watch other people around me and to wonder about everything they're doing with their lives .. where are they going and where do they come from ? "lanie*, lanie ... wait a minute my lanie?"

Ek stop, liberaal en gereed om te luister vir wat die bergie vir my het om te sê. “Het lanie vir my 'n rook ding nie?” My sigarette is op. “Nee, sorry”. Ek stap aan. “lanie, lanie...hoe laat is dit?” Ek kyk op my horlosie. “Twintig oor twee.” ooh dis etenstyd. Etenstyd. Dankie my lanie!”.

i stop, liberal and ready to hear what the homeless person has to say to me .. "doesn't lanie have a smoking thing for me ?" mymy ciggarrettes were done .. "no, sorry" .. i walk on .. "lanie, lanie ... what time is it ?" i check on my wristwatch .. "twenty past two .." "oh its lunchtime .. lunchtime .. thank you my lanie !" .. 

Ek lag net “Ok!”. die laning bome waaronder ek stap lyk altyd vir my so “cool”. Eerder as mooi want dit is 'n bietjie gay om te sê iets lyk mooi. Blerrie seunsskool mentalitiet. Wat kan ek doen. Daar stap 'n eerste jaar chicky voor my verby. Sy is nogal mooi. En dit is nie gay om te sê nie. My radartjie binne my begin rondspring. Dit is asof ek 'n crush het op elke mooi meisie wat ek sien. Hoe is dit moontlik? Hormone.

i just laugh "ok!" .. the lane of trees looks so "cool" to me .. rather than beautifull cause its a bits gay to say something looks beautifull .. god damn boys school mentality .. what can i do .. there walks a first year chick past me .. she's quite beautifull .. and that isn't gay to say .. my radar begins to jump around inside me .. its as if i have a crush on every girl which i see .. how is it possible ? hormones ..

Dit word mos juis in biologie klas vir ons verduidelik. Nie dat ek veel oplet nie. Ek kan net nie glo dat alles in my kop hormone en elektriesie seine is nie. Ek weet dit is hoe dit fisies werk, maar in my opinie is dit nie waar dit stop nie. Dit is nie al nie. Donner ek is gerook. Die meisie verdwyn om 'n hoekie. 'n Kar ry verby my. Harde hip hop blêr uit sy vensters uit van een of ander rapper wat freestyle oor presies wat hy met sy “bitches” doen. So vlak.

its ironically explained in biology class these days .. not that i pay much attention .. i just cant believe that everything in my head is just hormones and electrical signals .. i know thats how it physicly works, but in my opinion thats not where it stops .. its not all .. hell i'm stoned .. the girl dissapears around a corner .. a car drives past me .. load hip hop boulders out of his windows about some rapper freestyling about exactly what he does with his bitches .. so shallow ..

Dink ek wat nounet op 'n meisie ouer as ek geprev het. Soos ek gesê het, ek haat hippocrits, al is dit ek. My gedagtes dwaal weer na my drome toe. In my kleiner dae het ek 'n nagmerrie gehad dat my hele familie spoke was en ek die enigste regte mens. Waar pas dit in? Wat beteken dit? Is dit deel van my worsteling met die ID, ego en super ego? Maar anyway, op daardie stadium het ek nog niks geweet van sulke teoriee nie.

i'm thinking just after i perved on a girl older than me .. like i said, i hate hippocrits, even if its me .. my thoughts wnader to my dreams again .. in my smaller years i had a nightmare than my whole family were ghosts and i was the only real human .. where does it fit in ? what does it mean ? is it part of my wrestling with the ID, ego and superego ? but anyway, at that stage i knew nothing of such theories ..

Dit sou eers in my later jare ontbloot word. Wanneer ek begin lees het. As kind het ek nooit gehou van lees nie. Maar in my ouderdom en aleenhied het ek 'n liefde daarvoor ontwikkel. Wanneer sal die nagmerries ophou? Dalk nooit. Teen die tyd is ek al so gewoont daaraan. My attitude daaroor is so non-chalant. Ek weet nie eers hoekom ek dagga rook nie.

it would only reveal itself in my later years .. when i started reading .. as child i never liked reading .. but in my elder years and aloneness i developed a love for it .. when will the nightmare end ? maybe never .. by this time i'm so used to it already .. my attitude aboute it is so non-chalant .. i don't even know why i'm smoking marijuana ..

Ek is al klaar so gefok in die kop! Ek kom by jan marais park en maak die hek oop en begin deur die parkie stap. Dit was 'n bietjie langer roete huis toe maar dit was mooier. Dis nou al half drie en iets krap aan my. Ek is nog nie lus om by die huis te sit en fokkol doen nie. Wat van nog 'n nippie langs die rivier. So draai ek regs by die park se uitgang uit en stap reguit rivier toe.

i'm already so fucked in the head ! i reach jan mariais park, open the gate and start to walk through the park ..it was a little longer route but a more beautiful one ..its now half past two and something is scratching at me .. i'm not in the mood to sit at home and do nothing yet .. what about another joint next to the river .. in so doing i turn right at the park exit and walk straight to the river ..

Daar gekom kies ek 'n klip en begin rol. “Hey!” ek skrik, steek die dagga weg en kyk op. Dis 'n jong ou, seker 'n student. “Rook jy 'n bietjie ganja?” “Nee” antwoord ek. “dis ok man ek kom om dieselfde te doen.” hy klim by die wal af en join my vir 'n joint. “Louis” stel hy homself voor. “Ek was ook in jou skool gewees.” “Oh, Wanneer?” vra ek. “So vyf jaar terug, dis 'n harde plek daardie!” simpateer hy. “Ja nee definitief.”

getting there i pick a rock and start to roll .. "hey!" i get a fright, hide my stash and look up .. its a young guy, probably a student .. "are you smoking a bit of ganja ? " "no" i answer .. "its ok man, i come to do the same .. " he climbs down the bank and joins me for a joint .. "louis" he introduces himself .. "i was also in your school" "oh, when ? " i ask .. "about five years ago, its a hard place that ! " he sympathizes .. "yes definetely .. "

ek steek die joint aan die gang. “wat swot jy?” vra ek om die stilte te breek. “lewe!” antwoord hy dadelik. Ek lag. Hy nie. “Hoe is die curriculum?” Vra ek as 'n grap. Hy antwoord met 'n straight face “Hard!” Ek lag. Hy nie. Ek begin dit besef en vra toe 'n bietjie meer ernstig. “Soos wat bedoel jy?”. “Ek praat met God.” Sê hy dadelik. “soos in jy bid baie?” vra ek onskuldig. “nee, ek praat met God!” ek bly stil vir 'n sekonde.

i get the joint going .. "what are you studying ? " i ask to break the silence .. "life!" he answers immediately .. i laugh .. he doesn't .. "how is the curriculum ?" i ask as a joke .. he answers with a straight face "tough!" i laugh .. he doesn't .. i start realizing it and ask more seriously .. "like, what do you mean" .. "i speak to God .. " he says immediately .. "like in you pray alot .. "  i ask innocently .. "no, i talk to God!" i stay quiet for a second ..

“Oh, ok. Dis cool” sê ek al klaar besig om my escape plan te bedink. Hy lag. Ek nie. “maar dis cool dude, dis nie so erg nie.” ek raak skielik meer geinterreseerd in hom. “wat bedoel jy nou eintlik? Soos hoor jy God se stem of iets?” hy bly stil vir 'n sekond. “nee en ja. Ek hoor nie 'n letterlike stem soos wat jy daaraan dink nie. Maar ek sien patrone en hoor geluide en dink gedagtes wat alles saam God se stem vorm.”

ek dink vir 'n sekond. “is dit nie bietjie subjektief nie?” “nie as jy in dit is nie.” antwoord hy dadelik. Ek probeer verwerk wat hy nou eintlik vir my probeer sê. “Kan net jy met God praat?”. Humour ek hom. “nee, daar is ander.....jy kan ook as jy wil.”

ek wonder vir so 'n sekond. “uhm....ok. So, wat sê God vir jou alles. Is Elvis dood?” joke ek om die oomblik ligter te maak. Hy frons. “positiewe en negatiewe goed. Maar meestal goed wat net van toepassing is op my. Hy sê nie vir my wat sê-nou-maar met die wêreld gaan gebeur nie, en niks van die toekoms nie”

Hy is stil vir 'n oomblik en sien dat ek nog nie tevrede is nie. “Hy analiseer my basies. Hy sê vir my wat my slegte punte is en wat my goeie punte is. Alles sodat ek 'n beter mens kan wees. Dit kan nogal harde kritiek wees want God draai nie doekies om nie.” Hy kyk my reguit in die oë vir die eerste keer. “maar sy vyand praat ook met my” “wie, die duiwel” vra ek die obvious. “Ja, en dit is soms baie moeilik om te onderskei tussen die twee, want die duiwel probeer jou oortuig dat hy God se stem is om jou te mislei.” “dit klink alles nogal scary, hoe handle jy dit.

Ek sou uitfreak.” “Jy gaan....” die woorde laat my hare op my nek so 'n bietjie rys. Hierdie ou is nogal freaky. Maar op daardie stadium was sulke goed nog sovêr verwyderd van my realiteit dat dit my nie regtig gepla het nie. Ek het basies net gedink hy is mal. Ek kon nie regtig insien waarvan hy praat nie. “Maar moenie worry nie jy sal die verskil ken. En jy sal verbaas wees met wat God as goed sien en wat sleg is. Dis baie anders as wat in die Bybel staan.” “Ja nee, ek twyfel nogals oor die Bybel se credibility.

In my opinie is dit 'n aardse menslike boek vol stories en lewens lessies wat twee duisend jaar terug geskryf is vir die mense van daardie tyd. Dit moet subjektief wees.” “sien, jy is al klaar op die regte pad om die werklike God te sien. Sê my, hoe bid jy?” ek probeer terug dink aan die laaste keer toe ek gebid het en sukkel bietjie om daardie oomblik te kry. “wel, ek maak nie regtig my oë toe en praat formeel met God nie. Ek lê gewoonlik net op my bed voordat ek aan die slaap raak en praat met die dak soos wat ek met 'n vriend sou praat. Ek gesels.” “en dis presies hoe jou verhouding met God moet wees, soos beste vriende.

En jy het nie 'n kerk of 'n ou boek nodig daarvoor nie.” hy lyk asof hy oor iets wat hy nounet gesê het nadink. “Maar moenie my verkeerd verstaan nie. Ek dink nogsteeds almal moet die Bybel lees. Om te weet waaroor jy praat. Om informed besluite te maak.” Ek kyk na die tyd, dit is al amper drie uur. “luister dude, dit was baie interresant gewees maar ek moet nou gaan, my ma gaan wonder waar ek is.”

“Awe, dankie vir die joint en sien jou weer.” sê hy vriendelik sonder om die gesprek op iets freaky te los. Ek staan op en klim die rivier bank uit om huis toe te stap. As ek maar nog net 'n fiets gehad het. Maar as ek 'n fiets gehad het dan sou ek seker direk huis toe gery het en hierdie interresante ou nooit ontmoet het nie. Wat 'n konsep, om met God self te kan praat. Natuurlik is die dude van sy sinne beroof en dis alles net in sy kop, maar nogsteeds, dis 'n intruiging gedagte.

Ek dink aan myself as baie gelowig, al wil ek nie aan 'n bestaande geloof behoort nie. Ek wil my eie persoonlike geloof vorm. Net tussen my en God. Ek sal natuurlik baie oplees oor ander gelowe, soos wat ek al klaar doen en die idees hou wat my interreseer. En hier is die ding wat ek dink baie mature van my was op daardie ouderdom. Ek het geweet ek weet nog niks van die lewe af nie en was bereid om te explore en uit te vind wat om my aangaan. Ek was oop vir leer.

Miskien hopeloos te oop. Te veel goed het my begin beinvloed op een slag en ek kon nie meer konkrete besluite maak nie. Ek kom by die huis aan. Die huis is stil behalwe vir die honde se opgewonde gechankery en naels wat krap op die klip vloer.

Hulle is baie bly om my te sien. Ons huis is mos 'n hondehok want my ma sluit hulle binne die huis toe as ons weg is van die huis. Ek sit my skool sak neer en val op die bed op my rug. Ek staar in die dak vas. 'n Paar oomblikke gaan verby. “God...” sê ek hardop “ek weet ek praat min met jou en ek is jammer daaroor, maar as dit moontlik is wat Louis gesê het dan sal ek nogal wil sien hoe dit is.” en toe sê ek iets baie belangrik en wat my later baie sou help “maar as dit sleg is of my gaan seer maak dan wil ek dit nie hê nie.” so cover ek my bases, het ek gedink.

“verder hoop ek alles is nog cool tussen jou en my. Help asseblief die wat gehelp moet word. Behalwe die wat hulp nodig het om slegte dinge te doen natuurlik. Anyway ek dink jy verstaan. Dankie vir alles en daai tiepe stuff. You know the drill. Thanks.” En toe is ek klaar. Dit was my gebed.

Heeltemal informeel en one on one. Asof hy net vir my luister en actually die tyd het daarvoor. Dit wys dalk dat ek hopeloos te veel van myself dink. Ek besef mense bid formeel om respek te toon maar ek glo nie dat ek nie respek wys nie. Ek probeer net gemaklik wees met my God. Ek staan op en sit my rekenaar aan. Ek is lus vir skryf.

Ek is mos 'n ambisieuse skrywertjie met groot planne vir my geskrifte. Ek dig en probeer my hand aan prosa en opstelle ook. “probeer my hand aan” Ha! Is dit nie nou vir jou direk uit engels vertaal nie. Maar dit maak nie sak nie want afrikaans is vir my 'n gemengde taal anyway. Ek begin op my rekenaar tik. Ek dig bietjie oor die dag se ervaringe met my drome en Louis.

Dit is soos self analiese van jou lewe. Skryf is baie terapeuties. Dis goed vir die siel. Ek dink aan hoe vêr die naweek nog is en word sommer bedroef. Maandae is kak. En binnekort sal my ma en pa terug wees. Dan gaan ek nouweer preke kry oor my skool werk en dinge. Hopelik is hulle in 'n goeie bui dan kan ons bietjie oor nonsense gesels. Ek kan nie wag om Engeland toe te gaan volgende jaar nie.

Om daardie onafhanklikheid te hê gaan fantasties wees. Ek is gedetermineerd om genoeg te spaar vir 'n kar en 'n beter rekenaar. Dalk hou ek ook nog so 'n bietjie oor. Want as ek terug kom en weer in my ouer huis moet interk wil ek ten minste die onafhanklikheid van 'n kar hê. Sodat ek kan kom en gaan soos wat ek wil. Ek sukkel met die druk van my ouers af.

Dit breek my so 'n bietjie. Ja, ek is lief vir hulle maar is net te groot vir die huis. En op daardie stadium was ek ook nie opsoek na iets soos 'n meisie nie. Rond vryery ja, maar 'n vaste verhouding, nee dankie. Ek moes wel bietjie in die game kom om ten minste na die matriek afskeid te kan gaan met 'n lekker meisie. Daar is so twee of drie opsies. Ek dink aan die drie. Renè, wat drie jaar jonger as ek is.

Ek ken haar deur ons vriende groep. Sarah, die engelse een wat net so oud is soos ek. Net soos wat ek aan haar dink blaf my hond hard. Ek gee nie aandag daaraan en sê vir hom om stil te wees. Dan is daar miskien 'n derde opsie van Jana, 'n ou vriendin wat ek kan vra. Maar met haar sal ek nie kan vry nie want ons is soos broer en suster. Die ander twee is nou weer oop opsies vir sulke kaskenades. Maar watter een, Renè of Sarah.

Weer soos wat ek aan Sarah dink grom my hond vir iets buite. Ek is oblivious vir die tweede toevalligheid en skêl weer op hom. Hy gaan lê. Soos wat ek broei daaroor ry daar drie motors na mekaar in die straat verby. Ek hou op daaraan dink en kyk by die venster uit. Die motors is al weg. Ek draai terug na my rekenaar toe en lees my gedig oor wat ek geskryf het.

Glad nie te sleg nie. Ek dink hy kan dalk 'n wenner wees. Oor die meisie kwessie besluit ek om later te besluit daaroor. Dit is te moeilik om nou daaraan te dink. Ek hoor 'n kar stop in die garage. Dit is nou seker my ma of my pa.

Ek staar na my deur verwagtend. My ma se kop pop by my deur in. “hello” sê sy redelik vriendelik. “hi” sê ek terug natuurlik. “gaan jy nou begin swot?” is haar eerste sin aan my. “ja ma” lieg ek. “goed so, daar is hoenderpasty in die yskas as jy honger raak.” “ok” sluit ek af en sy verlaat die kamer weer.

* 'lanie' like saying 'governor' in london .. "oi governor!" ..

No comments: