Pages

Sunday 25 March 2012

'max en di miere'


Waar Daar 'n Rokie Is ....

Teen graad 11 het iets weer begin krap. Dit was tyd vir die volgende stap. Net soos met drank begin ons toe praat en wonder oor die blaar. Dagga. 

En onthou dit nou. Dagga is gagga. Dit mag dalk lekker wees maar dit het nagevolge. Ek klink seker soos 'n ou tannie nou. 

So laat ek begin by die lekker dae van dagga. Daar is natuurlik twee kante van 'n saak. My vriende groep het intussen tyd gegroei na agt lede, Ebert die chillste ou ooit, Altus die sport man, Conrad die een met die sterk politieke views, soortvan soos ek. Wilhelm, die haan onder die henne. 

Bernard of "Beertjie" wat die die mees ambisie looste bliksem is op aarde en dus ook die een wat dagga die graagste wou doen. Petrus, die goeie een wat deur die res van ons korrup gemaak is. En laaste maar nie die minste nie, Zander, ons token coloured buddy. En dis net 'n grap mense. Hy was een van ons nes al die ander. Net omdat ons sewe wit afrikaanse ouens is beteken nie dat ons rassisties is nie. 

Miskien Altus, maar selfs hy het 'n sagte plekkie vir Zander gehad. Ons almal kom uit goeie huise so te sê en het geen omstandighede gehad om ons te forseer om na dagga toe te draai nie. Dit was maar net domgeit. Maar op daardie stadium het ons nie gedink dit is so dom nie. 

Bernard het gedink dagga is die antwoord vir alles. Hy het eindeloos vir ons vertel hoe dit vir medisyne, klere, en selfs brandstof gebruik kan word. Hy het 'n plan gehad om 'n streepsak dagga deur 'n stofsuir te brand en dit in die skoolsaal in te pomp om almal gerook te maak. Gelukkig is die plan nooit uitgevoer nie. Dit is hy wat ons aan Gabriel voorgestel het. 

Gabriel was 'n buitelandse uitruil student wat by ons skool gegaan het. 'n Bietjie van 'n hippie, was hy vriende met al wat 'n bergie en rasta was. En het sodoende toegang gehad tot menigte hoeveelhede van die groen goed. So stap ons almal saam een vrydag na skool weer in die bos in. 

Baie van hierdie storie speel af in die bosse, vêr weg van die wakende oë van ouers en ouer mense. Bo teen die berg lê daar ‘n klein bossie teen ‘n bergdam waar ons die daad gedoen het. Ons was al daar besig om te wag vir Gabriel met natuurlik wyn by ons wat Ebert vir ons gekoop het want hy lyk mos soos die oudste. Hy arriveer met ‘n gooing rugsak en ‘n bottel water. 

‘n Ou roker. Ons sit almal mooi in ‘n sirkeltjie onder die denne bome en kyk toe hoe hy die papier rolletjie bymekaar sit. 

Hy steek dit aan, vat ‘n groot trek en paas dit aan na die linker kant toe. Hy hou sy linker vuis uit na Altus wat langs hom sit. Altus kyk hom snaaks aan. “Wat nou?” “Do the same” Sê Gabriel vir hom. Altus steek stadig sy regter vuis uit na syne toe. “Other hand”. Altus ruil vinnig hande. 

En hy steek sy linker vuis uit. Gabriel raak vinnig met sy vuis Altus sin en trek toe terug. “That’s what you do when you pass it on.” So doen ons almal dit elke keer as die joint verby kom. Zander is laaste in die sirkel. Teen die tyd dat die rolletjie die derde keer al om is begin Altus te giggel. Vir niks. 

Petrus het nie gerook nie. Hy het die rolletjie net elke keer aangestuur en maar by sy wyntjie gehou. Ek, ek het fokkol gevoel nie. Terwyl al die res begin giggel en random kak te praat sit ek daar met net ‘n droë mond. Ek vat ‘n sluk wyn, asof dit my dors sal les en probeer om die grap te vang. En dit is die ding, daar was nie ‘n grap nie. Altus het blykbaar vir Ebert se gesigsuidrukking gelag. 

Ebert het gelag omdat Altus vir hom gelag het. En die res het vir hulle twee se gelaggery gelag. Gabriel het net stil gesit en in die vêrte in gestaar. Die rolletjie is klaar. Ons almal word stil en kyk vir Gabriel. Hy kyk terug na ons met ‘n staar van wysheid en sê “Another one?”. Ons almal knik ons koppe. 

So loop die middag verder en alles raak snaaks. Snaaks in alle vorme van die woord. Na die derde een is ek befok. Niks gebeur dan met my nie. “Im not feeling anything” sê ek in engels om vir Gabriel te akkomodeer. “Me niether” sê Zander. Maar hy het bedoel sy liggaam is numb gerook. “No man, I don’t feel anything”. “Sometimes,” begin Gabriel, “Some people don’t get the effect the first time, you have to do it again on another day.” Whatever, dink ek. Gelowig dat dagga niks vir my beteken nie. 

Ek kyk na my horlosie. Fok! Dis al laat. Ek het vergeet ek moet gaan rugby kyk by nuweland saam met my pa en broer. Stormers teen die reds. Die swartes teen die rooies. Ek staan toe op en sê my goodbyes en stap die lang pad huis toe. By die huis gekom voel ek so bietjie snaaks. So asof alles meer helder is. 

Maar nogsteeds niks om van te juig nie. Die rut nuweland toe het ure gevat. Al was dit net veertig minute. Die stromers het gewen. Dit was 'n goeie jaar vir hulle. Hulle het later die jaar in die semi's uitgeval. Oh wel, dis net rugby. Ek moet sê ek het daardie aand soos 'n babetjie geslaap en moeilik opgestaan die volgende oggend. Wonder hoekom? 

No comments: