Konkoksies
Sondag oggend en ek word wakker met ‘n ontsettende hoofpyn. Dis ook maar goed hulle verkoop nie drank vandag nie.
Ek rol uit my bed uit. Ek kan nie meer slaap nie en ek kan nie wakker wees nie. Wat het gister gebeur. Stadig kom die herhinneringe terug. Ek wou sê ek onthou mos alles van my dronk aande. Oh fok! maar wil ek onthou.
Dit klink vir my soos ‘n goeie geleentheid om julle te vertel van my eerste encounter met drank. Ek het saterdae op skool by die rugbydae kroegman gespeel vir al die onderwysers en oldboys. Ek moes kort kort met sulke oulike gesprekke opgeskeep sit soos… “Brandewyn en coke!”, “enkel of dubbel?” “man, enkels breek jy op ‘n rugbyveld!” Ja wel, fok jou ook.
Ek gooi toe vir die donner die styfste dop wat hy nog ooit tee gekom het en kyk toe hoe hy sy pouse probeer hou. Maar anyway, terug na my eerste dronk ervaring. Ek het toegang tot die stoorkamer van die kroeg gehad. Maar om ‘n hele bottle van iets te steel sou vermis word. Toe besluit ek om ‘n blink plan te beraam. Ek bring toe eendag my ma se kombuis tregter en ‘n 2 liter coke bottle werk toe en wag my kans af.
Toe ek weer na die stoor gestuur word om brandewyn te gaan haal spring my plan in aksie. Ek sit die tregter in die coke bottle en begin bietjies bietjies aan alles wat oop is daarin gooi. Brandewyn, wyn, cane, vodka, bier, gin ensovoorts. ‘n stukkie van elkeen totdat die 2 liter vol is. Niemand sal weet nie. Ek sit toe met ‘n goud bruin mengsel van pure alkohol.
Ek sit dit toe in my rugsak en gaan toe weer uit met die bottels brandewyn vir die bar. Vir twee weke stoor ek die konkoksie in my klerekas. Sodat die mengsel lekker kon brou en gis in stilte. Ek kon ‘n bobaas whiskey of wynmaker gewees het. Een saterdag vroeg besluit ek en twee vriende, Ebert en Altus, om na die bos bo my huis te gaan en die konkoksie uit te probeer.
Ons vind die “gemaklikste” stomp om op te sit en begin die walglike mengsel afsluk. Dit is onbeurbaar net soos ek verwag het dit sou wees. Dit is waar my tweede blink plan in aksie spring. Ek het nie tyd gehad om coke of iets te koop om dit meet e meng nie, toe besluit ek maar om tandepaste saam te bring. Ja, tandepaste. Eintlik om ons asems te probeer masker.
Wat ek later sou agter kom puntloos is as ‘n mens sulke tipe drank drink. Ek sê toe vir my vriende om ‘n bietjie tandepaste op elke vinger te sit en so ‘n sluk konkoksie en ‘n hap tandepaste af te sluk. Ja, ek weet, tandepaste. Dit was ‘n poging om die walglike mengsel te probeer klop. Dit werk, sort van. Na ‘n klomp geselsery en kakpraat is die 2 liter skielik op. Ons kyk vir mekaar. “hoe voel julle?” “Fine, en jy?” “Fine”.
Ek staan toe op. “wow!”. Is dit net ek of is daar iets ernstig verkeerd met die aarde se gravitasie krag. Dit trek dan nou skielik skeef. “staan op julle, julle moet dit voel.” “wow” sê hulle. Ons begin lag en alles is jolig. Dis nie nodig om dit te sê nie maar nie een van ons het al ooit so gevoel nie. Alles is snaaks en ek gee nie om om hard te lag nie. Ons spring in bosse in, tackle mekaar en lê sommer in die middel van die bospad. Ons hoor voetstappe, of meer soos drafstappe.
Ons kyk op. Hier draf Elana Meyer verby ons. “Go Elana, hardloop, jy kan dit doen”. Skree ek vir haar. Sy draf ‘n wye sirkel om ons. Die laggery gaan voort. Vir ure hou ons so aan. “ouens,” sê Altus “ek voel ‘n bietjie siek.” Voordat ons hom nog kon stop gooi hy vanoggend se muesli op oor ‘n onskuldige fynbos.
“ek dink dis huis toe gaan tyd.” Oppad terug begin ek ook nie te lekker voel nie en kort voor lank spring ek ook agter ‘n bos in en bekyk wat ek vandag geëet het.
Voordat ons nog by die huis aangekom het skiet Ebert ook ‘n paar katte dood. Ons is fodder. Ons sluip by my huis se agterplaas in en tip toe deur die tuin. Ek hoor geen voetstappe nie. Ek draai om om altwee my vriende te sien uitgepaas lê op ons grasperk. Wat nou te maak. Terwyl ek self redelik besope is gaan ek die huis in en kry die karewaen se sleutel. “waar is jou vriende?” kom my pa se stem van agter my. Hou jou pose Max. ek draai om en antwoord my pa. “nee hulle is by die karewaen, ons gaan daar ‘n bietjie sit en gesels”. Ek kom agter hoe die yskas heeltyd nader en verder beweeg. Wat gaan aan. Stupid yskas.
“oh, ok. Moet net nie daar omkrap nie.” Sê my pa en loop weer uit. Ek loop weer terug na die tuin en maak vir Altus wakker en help hom karewaen toe. Daar paas hy weer uit. Toe gaan haal ek vir Ebert en doen dieselfde. Wat ‘n fokkop! Vyf minute in die karewaen en iets begin juk. Sigarette.
Ek sluip toe terug in die huis in en steel een van my pa se sigarette uit sy pakkie in die kombuis waar hy dit altyd wegsteek. Terug in die kaerwaen. Ek steek op die sigaret, een trek. Oh bliksem. Ek spring vir die deur.
Ek het gedog my maag was al leeg, maar duidelik nie. Ek is nog besig toe stoot Ebert en Altus verby my. So sit ons toe soos die musikante van Bremen en kots ons longe uit by die klein deurtjie. Daardie aand slaap ons toe ons babelaas af in die karewaen. En so eindig my eerste dronk erfaring.
Natuurlik het ons die volgende oggend gesweer ons doen dit nooit weer nie. Ja, wel. Ons sal sien. Van daardie eerste babelaas tot my huidige een. Ek hanteer dit ten minste beter deesdae. Teen middagete is ek weer mens.

No comments:
Post a Comment